Jy word uitgenooi na ons Junie diens hier in Houston.
Hierdie maand vier ons Jesus se Hemelvaart en ook die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag. Ons gaan stil word voor die grootheid, wonderlikheid en volledigheid van God se verlossing plan vir ons.
Saam gaan ons die Here aanbid, Hom loof en prys, saam Nagmaal gebruik, en stil word voor Sy Woord. Hierdie diens word gehou deur ds Deon Botha, op elke derde Sondag van die maand.
Hier kry elkeen die geleentheid om ‘n erediens by te woon in Afrikaans, en om saamwees met ander Suid Afrikaner gelowiges te geniet. Jy hoef nie aan iets te behoort nie, jy kan sommer maar net kom. Ons kom elke maand bymekaar in dieselfde saaltjie.
Almal is baie welkom!
Nooi gerus ook ander om saam te kom. As jy van hierdie “event” hou, “like” en “share” dit asseblief. Op so ‘n wyse kry ons die boodskap uit.
Onthou, daar is ook Afrikaanse dienste in DFW, en die Hill Country (Austin-San Antonio area).
Spyskaart – Sal nog laat weet.
Wanneer – Sondag, 16 Junie 2019
Tyd - 11:00 am
Waar - 14410 Mauna Loa Lane, Houston, TX 77040.
Daar sal borde, en eetgerei wees. Bring asseblief julle eie drinkgoed.
Back to All Events
Earlier Event: December 9
Hill Country Desember Kersdiens