Almal word uitgenooi na ons November diens hier in Houston.
Kom wees deel van hierdie diens, ons gaan saam die Here aanbid, Hom loof en prys, saam Nagmaal gebruik, en stil word voor Sy Woord. Hierdie diens word gehou deur ds Deon en is deel van ons Afrikaanse dienste wat ons elke derde Sondag van die maand vier. Daar gaan ook ‘n kinderkerk wees vir die kleiner kindertjies.
Daar is ook dienste in DFW en Austin/San Antonio areas. Kontak ons vir meer inligting.
Hierdie is ‘n geleentheid om ‘n Erediens by te woon in Afrikaans, en om saamwees met ander Suid Afrikaner gelowiges te geniet. Jy hoef nie aan iets te behoort nie, jy kan sommer maar net kom. Dit sal lekker wees om dit met jou te deel. Ons kom elke maand bymekaar in dieselfde saaltjie.
Jy is baie welkom!
Nooi ook ander om saam te kom. As jy van hierdie “event” hou, “like” en “share” dit asseblief. Op so ‘n wyse kry ons die Boodskap uit.
Spyskaart – “Potluck”.
Wanneer – Sondag, 18 November 2018
Tyd - 11:00 am
Waar - 14410 Mauna Loa Lane, Houston, TX 77040
Daar sal borde, en “silverware” wees. Bring asseblief julle eie drinkgoed